Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:16,17,25; Ef 1:13,14; Ef 5:18b
Ons moet onderskei tussen “die inwoning” van die Heilige Gees en “die vervulling” met die Heilige Gees. Ons ontvang die Heili-ge Gees net een keer as Hy in ons kom woon. Niemand kan uit vrye wil besluit of die Heilige Gees in jou moet kom woon of nie.
God bepaal dit. Aan al sy uitverkore kinders gee Hy die Heilige Gees op sy tyd en op sy wyse. Maar as ons die Heilige Gees in ons het moet ons voortdurend bid om al meer en meer met die Heilige Gees vervul te word, dit is om al meer en meer onder sy beheer te staan. Ons gaan na drie sake kyk:
- Hoe kry jy die Heilige Gees
- Hoe word jy vervul met die Heilige Gees?
- Wat beteken dit om vervul te wees met die Heilige Gees?