Nuus

Eredienste

08:00 en 18:00 eredienste word hier uitgesaai in beeld en hier uitgesaai in klank. 09:30 erediens word nie uitgesaai nie en is ‘n herhaling van 08:00.
11:30 Alethea Outreach service can be followed here .

Ons gee om vir mekaar

  • Gert Boshoff sterk tuis aan na ʼn operasie (B14—654 1860).
  • Karin Verreynne het ʼn oogoperasie ondergaan (C11—663 3727).
  • Voorbidding word gevra vir Charmain Coetzee se dogter Annalie (C13—011 238 7865).
  • Meelewing word betuig met Morné Sevenster (jnr), familie en vriende na die afsterwe en begrafnis van sy vader Morné gedurende die week.

Kersdiens

Die kersdiens begin om 08:00 op 25 Desember .

Katkisasie

Die Katkisasiekommissie is besig met die beplanning vir die aanbieding van katkisasie in 2021 en benodig nog ’n paar onderwysers, veral aflos-onderwysers vir wanneer een van die huidige onderwysers nie beskikbaar is nie.

Stuur asseblief net ’n kort boodskap of skakel Pieter van der Dussen by 082 416 7188 indien jy graag wil betrokke raak by hierdie baie belangrike deel van ons gemeente se werk.

Lees die kommunikaatjie vir nog nuus.

Kollektes

…kan nog steeds afgedra word d.m.v EFT (bankbesonderhede in ‘n kommunikaatjie) of met Zapper:

Vir Barmhartigheid:

 

 

 

 

 

 

Kerkkas (of soos aangekondig):

 

 

 

 

 

 

Skep Hoop fonds:

Vir meer aangaande Suid-Afrika se pogings om COVID-19 te bekamp, gaan na https://sacoronavirus.co.za/