Teeskink Sondae

Kontakpersoon: Annette van den Berg, 084 436 5331, pvdberg54@gmail.com
Elke Sondag buiten vakansies en langnaweke word te drinke bedien na afloop van die Afrikaanse en Engelse eredienste. Elke wyk kry 3 tot 4 keer per jaar ʼn beurt om te skink. Dames in die wyk word deur die wyksuster gekontak om te help. Die teeskinkbeurte word in die Kommunikaatjie gelys.

Teeskink Prosedure: VOOR DIE DIENS:

  1. Sleutels is in laai onder ooghoogte oonde. Sluit oop soos nodig.
  2. Sit reg koeldrank, plastiekglasies, melkbekertjies, suikerpotjies en koffiehouers. Indien koppies nie uitgepak is nie, pak uit op die werksoppervlakte wat op die kerk uitkyk en by die westelike luik. Die urn behoort klaar aangeskakel te wees (koster).
  3. Alle kruideniersware vir Sondae is in kaste onder die luik wat op die kerk uitkyk: Vul die melkbekers, suikerpotte en koffiebakkies. Hou asb een melkboks en gooi na die tyd die orige melk daarin. (Die kerkkantoor se personeel gebruik dit gedurende die week.)
  4. Daar is 12 potte, almal gemerk met lint: 4 wit vir water, 4 rooi vir rooibostee en 4 geel vir gewone tee. Drie potte rooibostee en water en die twee groot potte tee is gewoonlik genoeg. In skoolvakansie is 2 potte van elk voldoende. Plaas ongeveer 6 teesakkies in elke teepot. Rooibosteepotte, half vol warm water, kom op stoofplaat op 1 om te trek gedurende die diens. Indien die krag af is, skakel aan by kragboks regs van groot kaste by die dubbeldeur wat toegang gee na die saal toe.
  5. Koeldrank vir die kinders by die luik na parkeerterrein. Glasies en glasbekers is in kas gemerk “Koeldrank” onder die mikrogolf-oond. Die koeldrank word reeds op Vrydag aangemaak en in kraantjie-emmer in die yskas gebêre.

NA DIE DIENS:

  1. Dames wat skink, moet kerk asseblief verlaat tydens kollekte sodat koeldrank vir die katkisasiekinders vinnig geskink kan word.
  2. Maak die luike oop eers as die diens verby is, dit raas en is steurend vir die mense in die saal.
  3. Vul bekers met koeldrank of skink direk in die glasies.
  4. Vul al die potte met kookwater uit die urn en bedien by die luik.
  5. Gebruik die matjies om die potte op neer te sit, veral in die winter. Anders maak die granietblad die tee baie koud.

OPRUIM

  1. Moet asb. nie melk in bekertjies bêre nie. Gooi al die melk in een melkboks en bêre in die yskas.
  2. Los 2 rye koppies en een suikerpot, koffiehouer en melkbeker vir die Engelse diens asseblief.
  3. Alles moet opgewas word en op die droograk geplaas word.
  4. Teelepels moet afgedroog word. Teepotte, suikerpotte en melkbekers word net aan die buitekant afgedroog en onderstebo op die droograk geplaas.
  5. Sluit al die kaste en bêre die sleutels weer op hul plek onder die ooghoogte oonde.
  6. Skakel af die urn en stoofplate.

BAIE DANKIE VIR JUL SAMEWERKING EN HARDE WERK