Ratelgroep

Kontakpersoon: Magda van der Schyff, 079 511 0196, Magda.VdSchyff@adaptit.co.za
Die ratelgroep is vir alle ouers met klein babatjies tot ongeveer 2 jaar. Die groep kom een keer ʼn kwartaal op ʼn Saterdagoggend bymekaar. ʼn Spreker word gereël wat ʼn praatjie lewer oor ʼn relevante onderwerp. Op hierdie manier kry die ouers geleentheid om mekaar te ontmoet en pitkos te kry vir hul taak met die grootmaak van die kinders. Daar is ʼn facebookblad vir die groep.
Die Ratelgroep se eerste byeenkoms is op 7 Februarie van 10:30 tot 12:00. Erika van Wateren gee wenke oor hoe om jou peuter bewus te maak van God.