Kosbedieningsprojek

Kontakpersoon: Hannie van den Bergh, 082 780 3653, hannievdb5@gmail.com

Helpende Hand het ʼn projek waar hulle kos voorsien teen ʼn geringe bedrag een keer per week by aftree-oorde in Centurion. Daar word twee keer per week kos voorsien by Lofdal aftree-oord, en Maandae by Monumentsig. Van die bejaardes wat hier woon is verswak sodat hulle nie self kan gaan kos koop en dit voorberei nie, en in sommige gevalle trek hulle ook finansieel noustrop. Maart en Augustus word afgesonder om kosvoorraad in te samel vir hierdie projek.

Baie dankie aan die hele gemeente vir hulle ruim bydraes in Maart 2015:
2 gevriesde hoenders, 15 liter olie, 18 liter melk, 90 pakkies sop, 9 pakkies souse, 12 boksies Bisto, 13 liter tamatiesous, 11kg mayonnaise, 28kg pasta, 2kg rys, R1600 kontant. Hierdie bydraes is in die begin van Mei by Esmari, die dame wat die kos maak, afgelewer. Esmari was op ‘n kursus om te leer om goeie kos te maak. ,n Bedrag van R1 700 is ook oor betaal wat gebruik word om vleis aan te koop.

Ons het weer in Augustus kos ingesamel uit die gemeente. Ons is dankbaar dat ons in September 1.5 kg maalvleis, 10kg gevriesde groente, 17kg rys, 26kg pasta, 20 pakkies sous, 7l olie, 12 kg blatjang, 14l melk, 10kg mayonnaise, 54 blikkies waarvan meeste groente vir die projek kon skenk.

Verder het ook ‘n pragtige lappieskombers as skenking ontvang, wat ons kon uitloot om meer fondse in te samel. Saam met die donasies was die bedrag wat ons kon gee meer as R3000.