El Shalem

Kontakpersoon: Minnette de Beer, 083 469 3637, minnettedb@gmail.com
El Shalem is ʼn privaatskool vir verstandelik gestremdes kinders in Clubview. Die groot projek vir hierdie jaar is om in staat te wees om elke maand R2000 vir El Shalem te kan gee. Die bedrag is reeds vir Januarie en Februarie oorbetaal. Dit is verlede jaar ingesamel. Bykans 300 boeke, ‘n CD-speler en ander opvoedkundige speelgoed is ook oorhandig. Daar is baie nood.
Met die fondsinsameling beoog ons dat die wyke gedurende die eerste drie kwartale sal saamwerk en ʼn aksie beplan en deurvoer. Voorbeelde van wat gebruik kan word is:

  1. Kerrie en Rys verkope op Vrydagaand.
  2. Hamburger wegneemetes, bestellings kan vooraf geneem
  3. Uitkoop van die Barnyard Teater. Kaartjies word dan bietjie duurder verkoop ten bate van El Shalem.
  4. Reël van ‘n Pretloop: Inskrywings dalk R20 per volwassenes en R10 per kind. Bring jou hond saam of maak dit ‘n gesinspoging.