Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Dordtse Leerreëls (Page 2 of 2)

Die Groot Verrassing!

Skriflesing: Maleagi 1:1-5; Romeine 9:10-18; I Kor 3:9-23
Teksvers: Maleagi 1:2,3
DL: 1: 12-15

So graag teken ons God net as liefde. Dit is die waarheid. Skriftuurlike waarheid. Dit is ook net ‘n deel van die waarheid! God is ook verskriklike toorn as dit by sonde kom! Die Here vertoorn Hom so geweldig oor die sonde dat Hy die sondaar met die volle vloek van die sonde straf – die ewige dood in die poel van vuur en swael.

In die algemene prentjie van mense oor God pas hierdie gedag-tes dikwels glad nie in nie. Vir baie moet Hy die “liewe Jesus” met die sagte oë wees. Johannes op Patmos sien Hom egter as die verheerlikte God, groot en heilig: Sy oë vlam soos vuur en sy voete is van gloeiende koper waarmee Hy die goddeloses sal vertrap! God is ‘n wreker (Nahum 1:2) van die nasies en Hy laat sekeres in hulle sonde bly terwyl Hy sommige in sy groot barm-hartigheid uitred – ja, soos deur vuur heen!

Laai af

Die uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God in Christus

Skriflesing: Ef 1 en Joh 17
DR: Hfsk 1 par. 7-8

Jou naam is nie in die Boek van die lewe geskryf met:

  • ‘n Potlood wat kan uitvee nie.
  • ‘n Pen waarvan die ink kan vervloei of verdof of “uit-getipex” kan word nie.
  • MAAR jou naam is geskryf IN DIE BLOED van Jesus Christus.

Dit maak die troos vas en seker. Sy bloed waarmee Christus ons gekoop het, het ons deel geword. Simbolies eet ons Sy liggaam en drink ons Sy bloed aan die nagmaal en so word Christus se soenver-doenste deel van ons. Dit is deel van ons wese deur God se genade in Christus en kan daarom nie uitgevee word nie.

  1. God het in Christus uitverkies.
  2. God het die uitverkorenes aan Christus gegee.
  3. God roep en trek die uitverkorenes kragdadiglik na Hom.
  4. God gee aan die uitverkorenes geloof .

Laai af

Bedoel vir die hel, maar bestem vir die hemel!

Skriflesing: Rom 3:10-12 en 10:18-21 (NAV); Ef 1 en 2 (OAV)
Teksvers: Efesiërs 1:3; (DL 1 art 1-6)

Pelagius kom in die 4de eeu met die leer van die vrye wil van die mens. Augustinus antwoord teen hierdie dwaalleer met die belydenis van God se genadige verkiesing. In die begin 17e eeu kom Arminius weer met die leer van Pelagius na vore en Ds Gomaris van Nederland antwoord hom met die leer van God se soewereiniteit. Die Dortse Sinode gee genadiglik amptelike uitspraak en dit word ons kerke se belydenis.

Ons bekyk vanaand hoe dit gekom het dat mense wat eintlik bedoel is om verlore te gaan, deur die genadige besluit van God (en nie ons eie besluit nie), teen alle verwagting in, tog bestem is vir die ewige lewe! As ons die wese van die mens begryp dan word die genade van God so groot dat ons saam met die apostel (en saam met alles wat asem het) net kan jubel: Aan God kom AL die lof toe!

Laai af

Sola Gratia! Loof die Here!

Skriflesing: Rom 8
Teksvers: Rom 8:28-30

Die Dortse Leerreëls (DL) is een van ons gereformeerde belyde-nisskrifte. Ek is redelik oortuig dat baie mense dit nog nooit of weinig gelees het. Dit is egter ‘n pragtige troosboek. U word aangemoedig om dit so gou moontlik deur te lees (of deur te blaai) en weer uself te vergewis waarvan daar gepraat word. (U vind dit op GKSA se webblad of op ons eie kerk se webblad of agter in jou Psalmboek)

Die DL is in 1619 gefinaliseer, dus presies 400 gelede. Die Here het by hierdie sinode die kerk op ‘n baie spesifieke manier gelei om antwoorde te gee op die destydse dwaalleer wat die kerke bedreig het. In breë trekke sien ons iets van die KETTING van goddelike genade in ons verlossing.

Vanaand begin die drie leraars met ‘n reeks oor die DL wat ten minste oor die volgende ses maande tydens die aanddienste sal strek. U wil dit nie eintlik misloop nie!

Laai af

Newer posts »