Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 67 of 270

Glo in, en bely die Heilige Gees as ware God, Skenker van geloof en ewige Trooster!

Skriflesing: 1 Korintiërs 2:6-16
Teksvers: 1 Korintiërs 2:12-16
HK Sondag 20

“Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wê-reld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. 

So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.” 

1 Korintiërs 2:12-16 

Jou lewe as Christen moet die eienskappe van ’n Soldaat, ’n Atleet en ’n Boer openbaar.

Skriflesing: 2 Tim 2:1-13
Teksvers: 2 Tim 2:4-6

  • Jou lewe as Christen moet die eienskappe van ’n Soldaat, ’n Atleet en ’n Boer openbaar.
  • ’n Christen se lewe moet wees soos ’n soldaat wat aktief, paraat en slaggereed is om te doen wat daar van hom as soldaat verwag word.
  • ’n Christen se lewe moet soos ’n atleet wees wat aktief volgens die reëls aan ʼn wedstryd deelneem. 1 Tim 4:7,8
  • ’n Christen se lewe moet soos ’n boer wees wat hard werk en sy lande voorberei met ’n totale afhanklikheid van God. Jak 5:7

Hoe lank nog voordat die wederkoms sal plaasvind?

Dit is sekerlik ’n vraag wat in baie van ons se gedagtes is. Alhoewel ons die Bybelse antwoord ken dat net die Vader in die hemel dit weet. 

Mat 24:36 Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.” Maar ons lees ook in Mat 24 oor die profetiese rede wat alles sal gebeur voordat die wederkoms sal plaasvind. Daaruit is dit duidelik dat daar baie rampe en vervolgings sal plaasvind. Nou het baie mense al probeer om te bepaal of die eerste of tweede wêreldoorlog die begin was van die eindtyd. Nou weer met die inval in Oekraïne deur Rusland was daar weer baie teoloë wat voorspellings uit die Bybel gemaak het. 

Dit is egter duidelik uit die Skrif dat daar in die laaste dae baie vervolgings en swaarkry sal wees. Dit beteken nie dat ons hoegenaamd die dag en datum van die wederkoms sal kan bepaal nie. Maar dat alles wat gebeur tekens is dat die einde nader kom is duidelik. Dit kan nog honderde of duisende jare wees, maar ons sien die tekens. 

Dit hoef ons nie bang en bevrees te maak nie, inteendeel, dit behoort by ons ‘n afwagting te skep van …Wanneer Here? Hierdie swaarkry behoort ons eintlik opgewonde te maak, nie vir die swaarkry nie, maar vir die feit dat dit tekens is! Dat die wederkoms elke dag ‘n dag nader daaraan is. 

Hoe wonderlik sal dit nie wees as Jesus Christus met die wolke kom om al sy kinders te kom haal nie. Om vir ewig by ons Hemelse Vader te kan en mag wees, sonder enige swaarkry of bekommernis of hartseer. 

Daarom kan ons uitroep soos daar in Openbaring 22 staan: “Kom Here Jesus. Ja kom gou!” 

Ds. Gerrit 

« Older posts Newer posts »