Handwerk

Handwerk (Koördineerder: Phia Lombard 083 454 9358)
Hou jy daarvan om te brei of hekel? Warm items word benodig vir behoeftige volwassenes en kinders in en om Pretoria. Enige warm items is welkom. Voltooide items kan in die blou gemerkte houer agter in die saal by die deur geplaas word. Indien jy wol benodig om te brei kontak gerus vir Phia.