My “bucket list” en God se wil!

Skriflesing: Jak 4:13-17
Teksvers: Jak 4:13-17

Hierdie is vandag ’n gewilde en algemene term! Dit dui daarop dat ek nog graag die volgende dinge wil doen voordat ek doodgaan. Hoe moet ons as Christene oor die lewe dink, en veral oor wat ek wil, moet of gaan doen. In ons teksverse is daar ’n baie duidelike opdrag oor hoe ons oor die lewe moet dink. Ek onthou baie goed hoe het my pa altyd gesê: Jak 4:15
“… As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.”
Ons gaan na drie sake kyk:
1 Wat is ons wil!
2 Wat is God se wil!
3 Wat wil God hê moet ons doen!

Skriftelik: Laai af

Luister:

Laai af om later te luister

Waar is jy?

Skriflesing: Genesis 3 en 4
Teksvers: Genesis 3:9 en 4:9

God is ons Vader deur Jesus Christus, ons Here en Broer. Die kerk as huisgesin van God is ons “moeder”. Die wese van die hierdie gemeente lê in haar roeping om ware kerk van Christus te wees. Die heilige, algemene, Christelike kerk. Vir die bewaring van die suiwere kerk as sy huisgesin is die Christelike dissipline of onderlinge tug nodig. Die sleutels daarvoor is die Woord en die sensuur/tug. Met hierdie sleutelmag vra die Here dieselfde vraag aan jou en my as aan Adam en Eva. En met daardie vraag help dit nie om weg te kruip nie. Hy roep jou uit jou skuilplek na Hom toe! Hierin sit daar groot genade, maar terselfdertyd ook ‘n groot opdrag. Hy roep jou ook na sy Verbondstafel!

Laai af

Paulus bly nederig ondanks ‘n ongelooflike ervaring in die paradys!

Skriflesing: 2 Kor 12:1-10; Open 1:9-11; Open 21
Teksvers: 2 Kor 12:2-5

Elkeen van ons wil graag deel wees van ’n wenspan! Elkeen wil graag suk-ses bereik in sy lewe. Kinders wil weet, ons skool is die beste. Studente wil op die beste Universiteit wees. Ek wil graag by ’n suksesvolle firma werk. Ons wil ook graag hoor, ons as gemeente is suksesvol, groei in getalle, is besig, doen goed, daar is eredienste, Bybelstudies. Ons is ’n dinamiese, groeiende, vooruitstrewende, bekende gemeente waar dinge gebeur. God is werksaam in die gemeente. Maar wat is die kern van hierdie perikoop, hierdie gedagte-eenheid vanaf 2 Kor 12:1-10?
Paulus wat absoluut nederig bly ondanks die feit dat hy besonder begenadig is deur God en selfs die hemel aanskou het.
Daar is drie sake waarna ons gaan kyk:

  • God het Paulus vereer deur die hemel aan hom te wys.1-6
  • God het Paulus nederig gemaak. ’n Doring in sy vlees. 7,8
  • God het Paulus gehelp deur ’n diepe afhanklikheid. 9-10

Laai af

Sola Gratia!

Skriflesing: Efesiërs 2:1-10
Teksvers: Efesiërs 2:4-7

In die Bybel vertoon Hy Homself as die regverdige én genadige God en teken dit vir ons in die simbole van die doop en nagmaal. Hierdie ‘vertoning’ van sy mag en genade is egter steeds net die vóórspel tot die ewige vertoning van sy mag en heerlikheid.
In die tye wat kom… sal Hy net nog meer eer en heerlikheid ontvang omdat Hy ‘n genadige God is! As jy vandag met sekerheid kan sê dat jy ‘n kind van God is en dat jou sondes vergewe is en dat jy ‘n plek in die hemel het… is dit alleen net genade op genade!
Vandag lei ons die derde “Sola” van die Reformasie in. Sola Gratia. Alles is enkel en alleen ʼn genade, ʼn gawe, ʼn geskenk van God!

Luister: 


Laai af: 2017-05-07-0900