Die Sinode van Dordrecht

Die Sinode van Dordrecht was ‘n internasionale Sinode wat in aanvang geneem het op 13 November 1618 en 154 sittings later geëindig het op 9 Mei 1619. Die Nederlandse Gereformeerde kerk het die Sinode byeengeroep in opdrag van die State-Generaal. Die doel van die sinode was om ‘n einde te maak aan die godsdienstige kontroversie tussen die Remonstrante (Ariminiane) en die Kontra-Remonstrante (Gormarus se aanhangers). Die poli- tieke-situasies, oorlog-situasie, dwaalleringe, kontra-reformasie, arminia- nisme, alles het ‘n rol gespeel wat aanleiding tot die sinode gegee het.

Na die dood van Jacobus Arminius het sy volgelinge besware gehad teen die NGB en die leer van Johannes Calvyn, en Theodore Beza.

Hierdie besware is uiteengesit in die dokument, “de Remonstratie van 1610”. Daarom word Arminius se volgelinge die Remonstrante genoem. Hulle hoof- dwaalleer is dat die uitverkiesing plaasvind op grond van God se vooruitsien hoe iemand se geloof sal wees en daarvolgens sal God jou uitverkies. Die teenstander van Arminius was Franciscus Gomarus, hoogleraar in teologie aan die universiteit van Leiden. Hulle word die Gomariste genoem. Op die Sinode het hulle Latyn gepraat. Die Gereformeerdes, Kontraremonstrante verwerp die vrye wil van die mens en vervat hulle siening in die Dordtse Leer- reëls. Hul standpunt word in vyf punte, (Vyf punte van die Calvinisme) behan- del en uitgeengesit. Die bekende vyf punte van die Calvinisme is; die totale verdorwenheid van die mens, die onvoorwaardelike uitverkiesing, die beperkte versoening, onweerstaanbare genade en die volharding van die gelowiges. Hiermee het die derde Belydenis van Eenheid ontstaan nl. Die Dordtse Leerre- ëls. Drie belangrike nalatenskappe van die Sinode van Dordt is die Dordtse Leerreëls, die Dordtse Kerkorde en die Statevertaling van die Bybel.

Ds Gerrit