Jy mag nie moord pleeg of doodslaan nie!

Skriflesing: 1 Joh 2:28-3:18
Teksvers: 1 Joh 3:11-17; Joh 8:44

’53 vertaling Ex 20:13 “Jy mag nie doodslaan nie.”
’83 vertaling Ex 20:13 “Jy mag nie moord pleeg nie.”
NKJV vertaling Ex 20:13 “Thou shalt not kill.”
Die Hebreeuse Woord vir doodmaak is, “ râtsach – ratsag”
‘n Beter vertaling met die betekenis sou gewees het”
“Jy mag nie wederregtelik doodmaak nie.” (Lettinga, 1986:191-193)
Doodmaak met voorbedagte rade (Num 35:16-21) sowel as om onopsetlik dood te maak, (Num 35:11,22-28), is sondig. Maar moord het ‘n baie wyer betekenis as net om fisies iemand dood te maak of fisies skade te berok-ken. Daarom gaan ons na die volgende drie hoofpunte kyk:
1. Wat moord of doodslag beteken!
2. Wat moord en doodslag verbied!
3. Wat moord en doodslag gebied!

Laai af